Monday 13 May 2019


Heman Lategan se woorde by ontvangs (in absentia, ongelukkig) van die ATKV-Veertjie vir die beste resensie:

Eerstens, Rapport en hul boekeredakteur, Johan van Zyl, wat die resensie geplaas het.

Tweedens, die skrywer van Ingrid Jonker se biografie, Petrovna Metelerkamp. Petrovna het 15 jaar lank aan hierdie magnum opus gewerk. Dit wys.

Die belangrikste: Vir Ingrid Jonker, wat verniel en verneder is deur ʼn groep patriargale boelies. ʼn Brose vrou is skaamteloos deur sekere mans in haar kort lewe emosioneel en fisies misbruik vir hul eie gewin. Tog lag die geskiedenis vir hulle: Want Ingrid Jonker is nie dood nie – uit Drieankerbaai se wit branders lig sy daagliks haar vuiste téén die donker – en skreeu sy die geur van geregtigheid en vryheid. Lank lewe Ingrid Jonker. Dankie.

No comments:

Post a Comment