Wednesday 5 May 2021

Etienne Leroux

 


Op soek na die regte prys om te vra vir ’n rare boek wat te koop is op ons Facebook-blad BOEKMARK, ontdek ek ’n heerlike moedswilligheid van Etienne Leroux!

Die titel van die rare boek is Die suiwerste Hugenoot is Jan Schoeman – hardeband, ’n faksimilee van Leroux se aantekeninge ter voorbereiding vir ’n roman wat in 1988 sou verskyn. Leroux is deur die Hugenotefeeskomitee gevra om dit te skryf ter viering van die Franse se koms, drie eeue tevore.

Volgens J.C. Kannemeyer in Leroux: ’n Lewe, is die skrywer deur die feeskomitee verseker hy kan skryf "wat en hoe hy wil, solank daar een of ander verband met die Hugenote is."

Hier volg Leroux se eerste sin: "Sy ma het hom bedonner om mt ’n fokken Duitser te trou wat ’n Katoliek is." 

.



Alibris.co.uk stel die waarde van die boek op R1 300. Op Amazon is die prys $49.