Die Woordfees in Stellenbosch kook vanjaar!
En die gesprekke oor boeke is super-gewild. Dit is ’n belewenis om die doenighede
van die fees te ervaar.
Woensdagmiddag is die boek SJOE!
bekendgestel, met Sophia van Taak as gespreksleier. En sy mag maar! Soms voel ’n
skrywer nie gemaklik met die bemarking van ’n boek nie, asof dit beter sal wees
om klaar te skryf en met die volgende weg te val. Om die bekendstelling en
reklame aan ander oor te laat. Maar die boekebedryf en lesers verwag wêreldwyd
van skrywers om op te tree – mens kan sê om konsert te hou! Soms is dit baie
lekker. Soos Woensdag by die Woordfees. Dankie, Bibi Slippers, vir die gladde reëlings.