Sunday 17 May 2020

JEANNE GOOSEN – HAAR BIOGRAFIE



Die stem van Jeanne Goosen – só bekend vir haar roman Ons is nie almal so nie, vir ’n Pawpaw vir my darling, digbundels en vele meer – was die afgelope dertien jaar stil. Maar sedert Desember verlede jaar word wyd en syd oor haar berig. Dit het begin met die publikasie van ’n versameling sêgoed met die tiel Los gedates. Daarna het ’n nuwe digbundel verskyn: Het jy geweet ek kan toor. En in Maart vanjaar die biografie ’n Lewe vol sinne. Daar is baie te vertelle oor die samestelling van ’n biografiese werk – soos benaderings wat kan wissel van streng akademies tot loslittige vertelstyl. Ek gesels in die video hierby oor die biografie van Jeanne Goosen.