Monday 3 September 2018


Die digter Hélène Kesting, gebore 1928, is verlede week oorlede.
Hélène het veral  bekend geword vir haar mistieke gedigte, waarvan talle in die vorm van haikoes gepubliseer is. Benewens die bundels Skip na die son (Tafelberg 1975) en Klein akkoord: 100 Haikoes (Tafelberg 1979) het twee bundels met haar gedigte in Engels verskyn: Atom of Love (Hemel & See 2001) en Triumph of the Stars (Hemel & See 2017).
Haar gedigte is in Groot verseboek, Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte, Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte (Human & Rousseau 1992) en Voorspraak (Tafelberg 1994) opgeneem.
Haar haikoes het selfs in Nederland in ’n versamelbundel verskyn en van haar gedigte is deur Arthur Wegelin getoonset. Hulle is ook in Tokyo, New York en Londen gepubliseer in The Haiku Seasons: Poetry of the Natural World deur William J. Higginson (1996) en Haiku World: An International Poetry Almanac deur William J. Higginson (1997).






Glo

Om te glo
is om in ‘n perkelose dimensie:
te dink:
sonder logika
en sintuiglike bewys

Om te glo is om ingelyf te wees:
om te weet:
Allesdeurdringende Liefde
bied aan
om deur dik en dun
jou allerregterhand te wees



2 comments:

  1. Wanneer presies is sy oorlede? Sy was my oorlede ma se beste vriendin.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hallo Chrisette - nie seker nie, maar sy het nog geleef toe ek haar laaste digbundel in September verlede jaar gepubliseer het. By my te kry - stuur e-pos na petrovna@hermanus.co.za

      Delete