Louis
Esterhuizen: Petrovna Metelerkamp se biografie oor Ingrid Jonker is enorm;
uiteraard bevat dit heelwat wat reeds bekend is, maar daar is soveel nuwe
materiaal en bronne wat sy ontgin het. Sal die outeur en uitgewer my dit
vergewe indien ek die volgendet sê? Die boek het my geskok vanweë die unieke
mens wat Ingrid Jonker was . . .die feit dat Petrovna toegang
gekry het tot [Jack Cope] se dagboeke onderlê onder andere alles wat
"nuut" is in hierdie lewensverhaal, wat strek van Ingrid Jonker se
geboorte tot haar nalatenskap soos dit steeds vandag daaruit sien. Inderdaad 'n
formidabele studie. Welgedaan, Petrovna.
Louise Lipshitz,
Graaff-Reinet: Hoera, hoera vir wat jy weer eens vermag het vir onse Ingrid –
en baie geluk met 'n puik onderhoud daaroor die afgelope Woensdagaand op Skrywers en Boeke! Ek het die
boek - soos al jou ander Ingrid-boeke - baie geniet. Veral die nuwe inligting
wat jy gekry het deur Salomé Louw, Bonnie Davidtz en die dagboeke van Jack Cope
(en André P Brink se vertad) het my aan die hart geruk. Ek dink nou is die
absoluut FINALE biografie oor IJ geskryf: jy het AL die moontlike inligting wat
oor haar beskikbaar is, gekry!
Deon Swanepoel: Wat 'n boek! Ek kon dit nie neersit nie. Hierdie biografie is nie vir net eenmaal se lees nie. Jy sal weer en weer wil lees. 'n Nuwe verstaan oor wie en wat Ingrid Jonker was is vir my nou meer duidelik. Ook Uys Krige, Jan Rabie en André P Brink verstaan ek beter. Van Brink sal ek liefs niks sê nie en maar my opinie vir myself hou. Dankie vir 'n besonderse biografie Petrovna Metelerkamp. Hierdie mens Ingrid Jonker lewe weer, en gans anders as wat ek en duisende ander dalk voorheen geglo en gedink het. My reise na Gordonsbaai, Clifton en Drieankerbaai lê nou voor, ek wil haar gaan ervaar en voel en hoor.

Chrisna Van
Rensburg: Naas die fotobiografie
oor Ingrid, wat in 2003 verskyn het, het Petrovna nou 'n pragboek oor Ingrid se
lewe uitgebring, ’n regte volledige biografie: Ingrid Jonker: 'n biografie . .
. Die boek lees vloeiend en is 'n aanwins vir jou boekrak!
Belangrik en
aandoenlik is Ingrid se dogter, Simone, se kommentaar:
I have never been able to talk about my
feelings about my mother, besides the fact that I am totally in awe of her
beautiful poetry. After reading Petrovna’s new book called Ingrid Jonker about what really went on in Clifton, I can only say
I am heartbroken. At least now I can say it. I. developed flu immediately after
I finished the book.
En haar man, Ernesto
Garcia Marques:
Wow, really impressed with your dedicated research on Ingrid Jonker, Petrovna, and that the world can find out the whole truth about one if not THE best lady poet in the world. Everything you ever wanted to know about Ingrid Jonker is in this book, the good the bad and the ugly and it couldn't have been easy for Simone to read, but now she is free so it needed to be done. Congratulations Petrovna, and read this book people because it is essential to know why Ingrid was such a great poet despite having such a tragic life....

No comments:
Post a Comment