Sunday 28 July 2019

MOFFIE die movie!





..
MOFFIE in Venesië!



’n Boek wat by Hemel & See se druknaam Penstock Publishing verskyn het, is nie alleen in Italiaans vertaal én in die VSA herdruk nie, dit is nou ook vir die silwerdoek verwerk!
Moffie, ’n roman deur André Carl van der Merwe is in 2007 deur Helga Steyn gepubliseer. Dit is ’n roerende vertelling van ’n sensitiewe jong man se ervaring as dienspligtige tydens die Grensoorlog.
Oor die titel was daar lang besprekings by ons uitgewery. Ek het gedink "Moffie" is oor-braaf, dit sal waarskynlik teen-reaksie uitlok. Dit is nie ’n woord met 'n positiewe konnotasie nie, waarom dit op ’n boek se voorblad uitbasuin – en dit nogal as enkelwoord-titel! Maar Helga en André was vasbeslote. Vandag is dit wonderlik om te dink daardie einste titel gaan binnekort by 'n uitgelese filmfees in Venesië op die silwerskerm verskyn!
In boekvorm het André Carl se verhaal, soos verwag, wyd reaksie uitgelok. Selfs die bekendstelling het tonge laat klap, aangesien dit in – van alle plekke – die Kasteel in Kaapstad,plaasgevind het,  boonop in die vertrek waar senior weermaglede vergader het om die Grensoorlog te bespreek.
Die première van Moffie, die film, vind op 28 Augustus by die Venesiese filmfees plaas. Die regisseur is Oliver Hermanus, wat by die Cannes filmfees van 2011 ’n prys verower het met sy film Skoonheid.
Die boek kan bestel word by hemelenseeboeke@hermanus.co.za

No comments:

Post a Comment