Friday 22 March 2019

Vaarwel Elna M Nel










’n Dowwe herinnering aan Elna M Nel, wat verlede week oorlede is. Eens ’n hoge amptenaar in die departement van kuns en kultuur. Ek wonder wie seker is van haar aandeel aan die nuwe president Mandela se lees van Ingrid Jonker se gedig “Die kind”, by sy inhuldiging. 
Later jare was Elna digter en dromer, afgetree in Barberton en baie lief om by die Kaapse see te kom kuier.

Hier is ’n gedig van haar wat in 1965 in die tydskrif Sestiger verskyn het:



Poetics

1.

Die groot wynvat is leeg –

dis tyd om te bid;

my koringgod juig by die oes.



11.

Koddige waansin – my stompgekapte vlerk

groei,

groei,

groei

                al vinniger.

No comments:

Post a Comment